ATKV-DEBAT

Die skool skryf jaarliks minstens vier spanne in vir die debatskompetisie. Daar is beide junior- en senior spanne wat hieraan deelneem. Debat ontwikkel redenasievermoë, selfvertroue, kommunikasievaardighede, en spanwerk – beslis ‘n noodsaaklikheid vir enige leerder se toekoms.

ATKV-PATATTERS

DF Malherbe spog met hulle eie ATKV-tak, nl. Die ATKV-Patatters. Die tak word deur ‘n bestuur van vier lede gelei en kweek ‘n liefde vir Afrikaans en gemeenskapsdiens onder hulle lede.

Enige leerder met ‘n liefde vir Afrikaans kan ‘n lid van die ATKV-Patatters word. Die tak is jaarliks betrokke by verskeie groot projekte, nl.

  • Afrikaanse week
  • Jaarlikse onderwysersdag
  • ATKV Handevat-projek (DFM gradeer sekere areas by laerskole op, bv. die voorportaal, hoofingang van die skool, speelterrein, ens.)
  • Gedigte-kompetisie sowel as kortverhaalwedstryde.

ATKV-JEUGTAK PATATTERS

Die ATKV-Jeugtak Patatters is ‘n tak van Hoёrskool D.F. Malherbe wat aan die ATKV verbind is. Die ATKV is in 1930 in Kaapstad deur twaalf mense gestig as ’n organisasie waar mense die lekkerte van Afrikaans-wees met mekaar kon deel. Vandag is dit dié Afrikaanse kultuurtuiste met ongeveer 70 000 hooflede en 30 kultuurprojekte per jaar wat bykans 55 000 inskrywings genereer en meer as 220 000 mense regstreeks betrek! Die ATKV is ’n moderne voorlopermaatskappy wat dit regkry om op ’n volhoubare wyse sosiale en ekonomiese vooruitgang te kweek en sodoende te verseker dat die Afrikaanse lewende erfenis uitgebou en bewaar word.

Die ATKV-Jeugtak Patatters poog om hierdie waardes in die D.F.-gemeenskap te bevorder. Die jeugtak pak jaarliks projekte aan om hierdie waardes oor te dra. Projekte sluit bv. in Afrikaansweek, Funky Sokkiesdag, koekverkope, insameling van items vir behoeftige mense, onderwysersbederfdag, matriek bederfpakkies vir die eindeksamen en nog meer! Hierdie jeugtak is nie slegs vir Afrikaanssprekendes nie, maar alle projekte word in Afrikaans aangepak.

ATKV-REDENAARS

DF Malherbe het elke jaar tussen ses en tien leerders wat aan hierdie landswye kompetisie deelneem. Die kompetisie het ‘n junior- en senior afdeling, sowel as ‘n kategorie vir Huistaalsprekers en Eerste Addisionele Taalsprekers. Hierdie kompetisie leer vir leerders om voor ‘n gehoor te praat en help ook om selfvertroue te ontwikkel. ‘n Groot hoogtepunt is natuurlik Erin-Ann Meyer se prestasies. Sy is in 2014 en 2015 deur na die nasionale eindrondte van dié kompetisie. Sy is in 2015 as vierde beste redenaar in Suid-Afrika in haar ouderdomsgroep aangewys.